Local newsNewsSchool sportSport

Ram-atleet wil soos Bolt wees

'Micheala Lubbe is ‘n ware Rammie.'

Laerskool Randfontein (Ram) se hoofdogter, Micheala Lubbe is nog jonk maar sy mik hoog.

Micheala het onlangs haar plek by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe bespreek na ‘n spoggerige vertoning by die Gauteng Kampioenskappe.

‘n Silwermedalje in die verspring-item vir dogters o.13 asook ‘n vyfde plek in die 200m was genoeg vir Micheala om te kwalifiseer.

Volgens die skool is dit nog altyd haar droom om SA’s toe te gaan.

“Micheala is ‘n ware Rammie. Met uitmuntende leiereienskappe stel sy ‘n voorbeeld vir ander. Sy is doelgerig en nederig. Haar held is wêreldrekordhouer en Olimpiese kampioen Usain Bolt van Jamaika,” het Annie Nolan, bemarker en onderwyser by Ram gesê.

Annie het vertel Micheala oefen vir twee en ‘n half ure, vyf dae ‘n week by Hoërskool Noordheuwel. Volgens haar oefen Micheala die afgelope nege jaar professioneel atletiek.

Annie het bygevoeg haar ma, Nadia Barkhuizen se ondersteuning speel ‘n groot rol tot Micheala se sukses.

Related Articles

Back to top button