Local newsMunicipalNews

Oorlog verklaar teen gemorsjorse

'Dit is ‘n gesondheidsrisiko vir die boere wat diere het' – raadslid.

Gerhard Kruger, DA-raadslid van Kocksoord het oorlog verklaar teen morsjorse in die area.

Mense het nou die einde van Tafelbergstraat begin gebruik as hulle eie persoonlike stortingsterrein. Die straat vorm die grens tussen wyk 2 en 3 en Gerhad Kruger het besluit tot hier toe en nie meer verder nie.

“Ek wil ‘n waarskuwing uitstuur dat as jy gevang word jou rommel daar strooi sal daar boetes uitgereik word en jy sal die gemors weer optel,” het Gerhard verduidelik.

Gerhard is ook nou besig om deur die gemors te werk en het al ‘n paar name, adresse en epos adresse opgespoor van papierwerk wat gestrooi is.

“Dit is ‘n gesondheidsrisiko vir die boere wat diere het. Die gemors spoel in die ondergrondse water reserwe en dan drink die diere dit, nie eers gepraat van die mense wat boorgate gebruik nie,” het Gerhard gesê.

Related Articles

Back to top button