CrimeLocal newsNews

Kocksoord soek polisiestasie terug

Petisie opgetrek om polisiestasie weer in werking te kry.

Die Kocksoord Polisiestasie in Steynstraat is nou vir omtrent vyf jaar al toe en is besig om ‘n oogseer vir die gemeenskap te word.

Die stasie wat sentraal tussen Kocksoord, Peace haven, Finsbury, Middelvlei, Ten Acres, Hillside, Witfontein, Wheatlands en Pelzvale geleë is het polisie die vermoë gegee om vinning in die areas op te tree en misdaad te bekamp.

Nou het die ou polisiestasie glo net ‘n plek geword wat die waardes van die huise in die omgewing laat daal.

Raadslid Gerhard Kruger van die DA het raad by DA Parlimentslid, Jacques Julius gaan vra wat hom aangeraai het om ‘n petisie op te trek wat mense in die area kan teken.

“Ons wil hê dat soveel as moontlik mense die petisie teken sodat ons weer die polisiestasie in werking kan kry,” het Gerhard verduidelik. Die petisie sal dan deur Julius aan die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), Thandi Modise oorgehandig word.

As jy in die area woon en belangstel om die petisie te teken kan jy gerus vir Gerhard skakel op 083 233 4234 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button