MunicipalNews

Kocksoord-biblioteek dra gevolge van EFF-optog

‘Die biblioteek werk op dieselfde netwerk en bediener as Mohlakeng maar omdat dit afgebrand het, het dit ons internet ook afgesny’.

Die onrus optog gereël deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) in Februarie vanjaar en wat Mohlakeng hul biblioteek gekos het, het ook Kocksoord-biblioteek nadelig beinvloed.

Die Kocksoord-biblioteek in Marketstraat is in een van die oudste geboue in Randfontein en het sedert die optog nie toegang tot die internet nie.

“Die biblioteek werk op dieselfde netwerk en bediener (server) as Mohlakeng en omdat die een in Mohlakeng afgebrand het, het dit ons internet ook afgesny. Ons het baie skoolkinders wat na skool hierna toe kom om hulle huiswerk, take en navorsing te doen maar ons moet hulle nou maar weg wys tot ons weer op die lug is,” verduidelik Laurence Ramajoa wat al sewe jaar by die biblioteek werk.

Volgens Laurence het hy die probleem aangemeld en is daar nou plan gemaak om die internet weer aan die gang te kry. Die Mohlakeng-biblioteek is nog toe na die brand.

Laurence Ramajoa staan by Gerhard Kruger van die DA by die rekenaarsentrum in die Kocksoord-biblioteek wat nie meer toegang tot die internet het nie.
Laurence Ramajoa staan by Gerhard Kruger van die DA by die rekenaarsentrum in die Kocksoord-biblioteek wat nie meer toegang tot die internet het nie.

Related Articles

Back to top button