Veels geluk Tannie Nelly…

Inwoner van Sascha Ouetehuis vier haar 90ste verjaardag.

Die inwoners van Sascha Ouetehuis in Wilbotsdal het die afgelope week ‘n 90ste verjaarsdag gevier.

Dit was Petronella Elizabeth Swartz se verjaarsdag, wie al haar hele lewe lank in Randfontein woon. Sy het in dieselfde huis gewoon vir 69 jaar en het twee jaar gelede by Sascha Ouetehuis ingetrek.

Tydens die verjaarsdagpartytjie het haar kleinkind en agterkleinkind ook saam gekuier. Vir ‘n kort tydjie was drie geslagte vrouens van dieselfde familie onder een dak.

Haar kleinkind is Louis Smit wat die oudste agterkleinkind is en Pietie Kruger, Nelly se kleinkind, die oudste van haar geslag.

Exit mobile version