Landloper gaan VSA toe

Liza het nou haar mik punt behaal deur te gekwalifiseer vir die 8ste IAAF World Youth Champs wat die jaar in Julie by Cali in Columbia in die VSA gaan plaasvind.

Liza Kellerman (15) het weereens puik presteer tydens die Gauteng Skole Kampioenskappe en Gauteng Club byeenkoms wat die naweek (13, 14 en 15 Maart) gehou is by Germiston se Herman Immelman Stadion.

Tydens die finale van die skole kampioenskappe het Liza ‘n goud behaal in die 1500m vir dogters o.17 en goud vir die 800m dogters o.17.

Volgende gaan Liza Gauteng verteenwoordig by die SA Skole Kampioenskappe in Rustenburg op 28 Maart en dan is dit Bloemfontein toe die 11 April as sy aan die Atletiek Suid-Afrika se kampioenskappe gaan deelneem.

Liza het nou haar mikpunt behaal deur te kwalifiseer vir die 8ste IAAF World Youth Champs wat die jaar in Julie by Cali in Columbia in die VSA gaan plaasvind. Atletiek Suid Afrika moet nog die Suid Afrikaanse span kies maar Liza se ouers het klaar besluit om haar self te stuur as ASA haar nie in die span insluit nie.

Liza wil net haar afrigter, Hein Mare, haar ouers, familie en vriende bedank vir al die ondersteuning. Dan wil sy ook net die Liewe Heer bedank vir haar talent en die geleentheid om te kompeteer.

Liza Kellerman kry haar goue medalje vir die 1500m dogters o.17 by die Gauteng Clubs Championship. Foto ingestuur.
Liza Kellerman in aksie. Foto ingestuur.
Exit mobile version