Local newsLocal sportNewsSchoolsSport

Landloper gaan VSA toe

Liza het nou haar mik punt behaal deur te gekwalifiseer vir die 8ste IAAF World Youth Champs wat die jaar in Julie by Cali in Columbia in die VSA gaan plaasvind.

Liza Kellerman (15) het weereens puik presteer tydens die Gauteng Skole Kampioenskappe en Gauteng Club byeenkoms wat die naweek (13, 14 en 15 Maart) gehou is by Germiston se Herman Immelman Stadion.

Tydens die finale van die skole kampioenskappe het Liza ‘n goud behaal in die 1500m vir dogters o.17 en goud vir die 800m dogters o.17.

Volgende gaan Liza Gauteng verteenwoordig by die SA Skole Kampioenskappe in Rustenburg op 28 Maart en dan is dit Bloemfontein toe die 11 April as sy aan die Atletiek Suid-Afrika se kampioenskappe gaan deelneem.

Liza het nou haar mikpunt behaal deur te kwalifiseer vir die 8ste IAAF World Youth Champs wat die jaar in Julie by Cali in Columbia in die VSA gaan plaasvind. Atletiek Suid Afrika moet nog die Suid Afrikaanse span kies maar Liza se ouers het klaar besluit om haar self te stuur as ASA haar nie in die span insluit nie.

Liza wil net haar afrigter, Hein Mare, haar ouers, familie en vriende bedank vir al die ondersteuning. Dan wil sy ook net die Liewe Heer bedank vir haar talent en die geleentheid om te kompeteer.

Liza Kellerman kry haar goue medalje vir die 1500m dogters o.17 by die Gauteng Clubs Championship. Foto ingestuur.
Liza Kellerman kry haar goue medalje vir die 1500m dogters o.17 by die Gauteng Clubs Championship. Foto ingestuur.
Liza Kellerman in aksie. Foto ingestuur.
Liza Kellerman in aksie. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button