60 Ram-leerlinge woon kamp by vir spanbou

'Leerlinge sal dié prettige en avontuurgevulde naweek nie maklik vergeet nie'.

Ongeveer 60 opgewonde leerlinge van Laerskool Rapportryer (Rappies) het van 13 tot 15 Maart ‘n raakvatterskamp by Hartbeeshoek net buite Brits bygewoon.

Volgens die skool het die leerlinge gedurende die kamp vyfstêr-behandeling ontvang en dit vreeslik geniet.

Van die lekkerste avontuuraktiwiteite was onder andere verfbal – eerder pynbal, wildritte, nagmars, ‘n skattejag, kampvuurkonsert, skuilingbou, plaasbou, en water- en swemspele.

Laat aande was aan die orde van die dag en niemand wou ‘n oomblik mors deur te slaap nie. Tydens die aktiwiteite was spanbou en samehorigheid duidelik en talle nuwe vriendskappe is gebou.

Die leerlinge sal dié prettige en avontuurgevulde naweek nie maklik vergeet nie. Die skool bedank graag vir Hartebeeshoek vir hulle gasvryheid en vriendelikheid oor die drie dae.

Van die mannetjies tydens die verfbalaktiwiteit is Johan Badenhorst, Ruan Robins, Jaden Smith en Corné Holtzhausen.
Jacques du Preez en Rick vd Berg het hul duidelik gate uit geniet met die verfbal. Foto ingestuur.
Antoinette Botha en Chané de Bruyn wys dit is ‘cool’ om ‘n bietjie vuil te raak.
Boeties Dylan en Heinrich Schmulling langs ‘n stroompie besig om in die modder te speel.
Exit mobile version