CrimeLocal newsNews

Sakevrou waarsku besighede teen swendelaar

‘Ek wil keer dat dieselfde nie met ander gebeur nie'.

n Eienaar van ‘n besigheid in die Middelvlei-plotte wil ‘n insident wat by haar besigheid gebeur het met ander deel en hulle waarsku.

“Ek wil keer dat dieselfde nie met ander gebeur nie en dalk kan die man wat my ingedoen het, gevang word,” het die vrou gesê wat nie haar naam wou noem nie omdat sy vrees dat sy weer geteiken kan word.

Verlede Donderdag (12 Maart) het ‘n man wat homself Sakkie noem by haar spysenieringmaatskappy aangekom. Hy het volgens die vrou baie mooi Afrikaans gepraat en was netjies aangetrek in ‘n pienk-en-wit-strepies gholfhemp en bruin sandale.

Hy het gesê hy werk vir ‘n groot maatskappy in Randfontein en het binnekort ‘n groot geleentheid waarvoor hy kos moet reël en het twee etes vir drie weke nodig gehad vir 83 mense.

“Dit was ‘n groot bestelling en ek het geen rede gehad om die man nie te glo nie,” het sy vertel.

Die man wou toe haar besigheid se fasiliteite sien en die vrou het hom gaan wys hoe die kombuis en stoorkamers lyk.

“Hy het nie die deposito by hom gehad nie en volgens hom was ‘n kollega op pad om dit te kom betaal. ‘n Rukkie later het die kollega gebel en verduidelik dat sy verdwaal het. Een van my werknemers het toe hek toe geloop om haar aanwysings te gee na ons plot. Hy het haar vertel dat dit by die polisiemotor was, wat toevallig naby ons hek in die pad gestaan het,” het sy aangeheg.

Toe die man hoor dat daar polisie buite staan het hy opgestaan en gesê hy sal sy kollega by ‘n vulstasie ontmoet en is te voet met ‘n spoed hier weg.

Volgens die vrou het hy haar slimfoon gedurende die ontmoeting gesteel en het nooit weer by die besigheid opgedaag nie.

“Ek het die sogenaamde maatskappy geskakel maar niemand daar het ‘n Sakkie geken nie. Ek sidder om te dink wat kon gebeur het as die polisie nie toevallig naby ons besigheid gestaan het nie,” het sy gesê.

Besighede op plotte moet uitgeslaap wees vir skelms. Skakel onmiddelik die polisie as jy onraad vermoed of mense sien rondhang vir geen rede nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button