Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Rierand gee President pakslae op sportveld

Besoekers wen slegs een uit 15 kragmetings in drie sportsoorte.

Hoërskool Riebeeckrand se sportspanne het op hul tuisveld die afgelope naweek geen genade getoon vir die besoekers Hoërskool President nie.

Dit het maar swaar gegaan vir President wat net een van al hulle wedstryde in drie sportsoorte kon wen. Die tweede hokkiespan het Riebeeck met drie punte teenoor een geklop.

“Dit was ‘n goeie ervaring vir die spelers en ek glo die spanne se selfvetroue het ‘n hupstoot gekry vir die seisoen wat nog voorlê. Dit het ook ons skool gewys wat daar verower kan word met die regte gees,” het Elzeri Botha, Riebeeckrand se skakelbeampte na die afloop van die dag verduidelik.

Die resultate van die dag was dan as volg (LW: Rierandspanne links):

Hokkie:

• o.14A wen: 5-0

• o.15A wen: 2-0

• o.16A wen: 7-0

• 2de-span verloor: 1-3

• 1ste-span wen: 3-1

Netbal:

• o.14A wen: 20-4

• o.15A wen: 21-7

• o.16A wen: 21-4

• o.17A wen: 17-7

• 1ste-span wen: 33-7

Rugby:

• o.14A wen: 45-0

• o.15A wen: 29-7

• o.16A wen: 28-0

• 2de-span wen: 17-14

• 1ste-span wen: 20-14

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button