Leerlinge van Laerskool Rapportyer (Rappies) het tydens hul Interne Redenaars op (Donderdag 5 Maart) met die oulikste praatjies vorendag gekom.
Die volgende leerlinge is tydens die geleentheid aangewys om die skool by die ATKV (Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging) se redenaarsuitdunne op 12 en 13 Maart te gaan verteenwoordig.
• Gr 3-leerlinge: Almaré Joubert en Johan Collins.
• Gr 4-leerlinge: Michael Croukamp en Rick van den Berg.
• Gr 5-leerlinge: Logan Jordaan, Carli Rall, Simoné Joubert en Marisse Huysamen.
• Gr 6-leerlinge: Christiaan Fourie, Ashley Stewart en Kyle Lombaard.
• Gr7-leerlinge: André Visser, Carmen de Beer en Vitali Beukes.
“Veels geluk aan al die wenners. Ons is opreg trots om sulke redenaars in ons midde te kan hê,” het Magda Swart van Rappies gesê.