Local newsNewsSchool sportSport

Rammies-leerlinge kook by Goudfees

Laerskool Randfontein se 10de Goudfees weereens ‘n groot sukses.

Die jaarlikse Goudfees by Laerskool Randfontein (RAM) was die afgelope naweek (Saterdag 14 Maart) vir die 10de keer aangebied.

Dit was soos oudergewoonte ‘n groot sukses met oud en jonk wat die dag saam met Rammies-leerlinge kom geniet het. Die dag wat gereël word vir die welpies van die skool het probeer om elke liewe kleintjie van die skool die geleentheid te gee om rugby en netbal te speel.

Skole genooi op die dag was Laerskool Dr. Havinga, Laerskool Horison, Laerskool Noordskool, Randfontein Primary, Laerskool Dagbreek, Laerskool Bekker en Laerskool Westgold.

Behalwe vir die aksie belaaide rugby en netbal was daar ook talle stalletjies wat van lekkernye tot speelgoed verkoop het. Rammies het ook ‘n leeu gehad wat die spanne ondersteun en saam met ‘n paar vir ‘n foto poseer het.

“Die dag was ‘n reuse sukses maar dit kon nie gebeur het sonder die harde werk van elke leerling, speler, ouer en onderwyser nie. Ons wil elkeen hartlik bedank van die skool af,” het Annie Nolan, Ram se woordvoerder gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button