Local newsLocal sportNewsSport

Medaljes en bekers vir gestremde atlete

Talle gestremde atlete neem aan sportdag deel.

Op Vrydag 13 Maart was Randfontein die gasheer van vanjaar se Intersentrum atletiekbyeenkoms vir multi-gestremde volwassenes.

Die Connie Mulder Sentrum het die byeenkoms gereel. In totaal het sewe sentrums deelgeneem naamlik die Amelia Nasorg Sentrum; Golden Gateway Training Centre; Die Oord; Irene Homes; Triest Training Facility; Tecford Disabled Centre en Connie Mulder.

Almal was baie opgewonde en kon nie wag om weg- of oor- te spring nie en vir die wat nie so vinnig op die baan is nie, was daar gewigstoot, skyfwerp en spiesgooi. Onder leiding van Linda Claassen het Dynamic Kids met die dag se verugtinge gehelp.

‘n Aantal rekords is ook op die dag verbeter maar almal wat die dag bygewoon het het saam gestem dat elke liewe persoon ‘n wenner was.

Bea Botha die Connie Mulder voorsitter van die bestuur kommittee wil net graag vir Hoërskool Jan Viljoen se hoof, Julius Katzke en Fanie Schoonraad bedank vir die gebruik van hulle sportvelde. Ook wil Christa Breytenbach elke deelnemer, spanbestuurder en toeskouer bedank vir hulle deelname aan die suksesvolle byeenkoms.

Besoek die gallery vir nog fotos: Inter Sentrum Atletiek Byeenkoms Vir Multi Gestremde Volwassenes

Related Articles

 
Back to top button