CrimeLocal newsNews

Rowers maak amok tydens funksie

Drie verdagtes vat vuurwapen by sekuriteitswag en roof mense binne saal.

‘n Sekuriteitswag, 33, aan diens was een van die ongelukkiges geteiken deur`n groep rowers tydens`n funksie by die Ramosa saal onlangs in Mohlakeng.

Volgens hom het drie mans hom oorrompel en sy vuurwapen van hom af gevat. Die rowers het toe die vuurwapen gebruik om die mense wat binne in die saal besig was van hulle besittings te beroof. Die insident het glo verlede Vrydag 6 Maart plaasgevind.

Die ondersoekbeampte in beheer van die saak, Konst Thomas Nkwe wil mense vra wat ook deur die mans geteiken was om hom te kontak met enige verdere informasie. Hy kan gekontak word by 011 278 8100.

Related Articles

 
Back to top button