Twee lewensvonnisse vir kinderverkragter

‘Die ondersoek beampte moes hard werk om die beskuldigde vas te trek.’

‘n Beskuldigde, 45, het op 6 Februarie twee lewensvonnise gekry nadat hy ‘n minderjarige telke male verkrag het.

Aaron Tselanyane wat die opsigter was van ‘n kamer waar ‘n vrou en haar agtjarige dogter gebly het, is vasgetrek na die dogter haar ma vertel het van die verkragting. Die ma het vermoed iets is fout toe sy beserings opgemerk het aan haar dogter.

Die verkragtings het in Desember 2013 plaasgevind terwyl die ma nie tuis was nie en Tselanyane het die dogter na sy huis gelok deur haar te vra om vir hom winkel toe te gaan.

Na die saak by die Randfontein-polisiestasie aangemeld is, is dit oorgegee aan Thompson Bvuma – een van die ondersoekbeamptes by die Krugersdorp Familie, Kinders en Seksuele Misdaadeenheid.

Volgens kaptein Appel Ernst, Randfontein Polisie se woordvoerder, moes Bvuma hard werk om Tselanyane vas te trek en te arresteer. Hy het op twee aanklagte van verkragting in die Randfontein Landroshof verskyn waar hy met die help van die staatsaanklaer, Adele Britz skuldig gevind is.

Die polisie haal hul hoede af vir Bvuma vir sy harde werk, professionele voordrag van die saak in die hof en die manier waarop hy die familie ondersteun het tydens die saak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version