Abnormale vrag saai verwoesting

Drywer se maatskappy aanvaar verantwoordelikheid.

‘n Trok met sy abnormale vrag het inwoners van Helikon Park in rep en roer gehad nadat dit bome, padtekens en van die sypaadjies deur die residentiële area verwoes het.

Inwoner Nico Grobler het eerstehands die slagting op (Woensdag 11 Maart) beleef.

“Ek het geweet hier kom moeilikheid toe die stoet deur Droogheuwel in Finsbury in gedraai het. Die abnormale groot vrag agter op die trok het dit moeilik gemaak vir hom om in te draai by Aarendweg van Condorlaan af en daar het die eerste stop teken in die slag gebly. Ek moes toe in skok kyk hoe hy boom na boom plat trek, breek en ontwortel word in die straat af,” het Grobler vies vertel.

DA-raadslid vir die wyk, Craig Harrison was net so ongelukkig oor die skade en het simier ‘n epos aan die maatskappy verantwoordelik, Tristar Abnormal Transport gestuur.

“Ek het onder andere vir die maatskappy gevra hoekom die roete gebruik is en wanneer hulle beplan om die skade reg te maak,” het Harrison verduidelik.

Die maatskappy se projekbestuurder, Robin Swiegers het gesê dat hulle ook besig is met ‘n ondersoek aangesien daar ‘n veilige roete vooraf beplan en uitgelê is vir die swaar vrag.

Volgens Swiegers is sy span deur die Gauteng Provinsiale Verkeersdepartement op die roete deur Helikon Park gelei en moes sy drywers, soos per die wet, die beamptes volg.

In ‘n verklaring gestuur aan die herald het Yugeshnee Lawrence van Tristar die volgende gesê: Ten opsigte van die skade op die Randfontein paaie is ons terugvoering dat die volgende instruksies deurgegee is aan die drywers die volgende:

• Draai regs op die R28 na Randfontein

• Gaan oor die N1 hoofweg en gaan voort na Randfontein op R28

• Gaan oor die N12 hoofweg en gaan voort na Randfontein op R28

• Gaan Randfontein in op Main Reef road (R28)

• Draai links op 10de Straat en hou aan op Kenneth

• Draai links op Homesteadlaan

• By die 4-rigting stop, draai regs in Tambotiestraat (R41) in en hou aan op Lezaar (R41)

• Draai regs in Uniestraat na Randgate (by die Total vulstasie)

• By die derde 4-rigting stop, draai links op Annastraat en hou aan op die Ventersdorp pad (D448) na Magaliesburg (R24)

Volgens Lawrence was dit die roetes uitgelê vir sy drywers.

Tristar het onverskoning gevra vir die inwoners van Randfontein asook die munisipaliteit en aanvaar verantwoordelikheid vir die kostes verbonde aan die herstelwerk.

Die munisipaliteit het op Donderdag (12 Maart) van die bome en takke op die sypaadjie verwyder.

Exit mobile version