Local newsNewsSchools

Ram-seniors leer van kindermishandeling

Xtreme for Kids gee Ram-leerlinge inligting oor kindermishandeling.

Laerskool Randfontein (Ram) se seniorfaseleerlinge het Donderdag 26 Februarie oor kindermishandeling geleer.

Ram is gekies as die amptelike vertrekpunt vir die Xtreme for Kids Fietstoer. Organiseerders het die skool besoek en leerlinge ingelig oor kindermishandeling.

Deur hierdie fietstoer is al meer as 16 000 kinders oor die land bereik. Hierdie jaar was die tema Getting conversation going.

Die polisie se gesinsgeweld-, kinderbeskerming- en seksuelemisdryfeenheid vergesel die groep tydens besoeke indien daar enige vrae of aanmeldings sou wees.

Xtreme for Kids deel hul boodskap met leerlinge voordat ‘n toneelstuk opgevoer word waarin kinders leer om te praat. Die toneelstuk word deur Vodacom geborg.

Op die dag is elke kind gevra om ‘n heldvorm te onderteken waarin hulle onderneem om nie lelike dinge vir ander te sê nie en ook te vertel as iemand hulle vra om stil te bly oor iets waaroor hulle ongemaklik voel.

Leerlinge het ook die Matla A Bana Oorlewingsboekie ontvang. Dié boekie is spesiaal ontwerp om kinders te help om trauma en slegte situasies te verwerk.

Coenraad de Wit, Kgotso Segale en Gulio van Deventer van Ramstaan by die Xtreme for Kids fietsryers.
Coenraad de Wit, Kgotso Segale en Gulio van Deventer van Ramstaan by die Xtreme for Kids fietsryers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button