Local newsNewsSponsored

Meer moorde in SA as in oorlog in Irak teen ISIS – AfriForum

'Suid-Afrika neig na ʼn oorlogsone as dit by moordsyfers kom'.

Nagenoeg 300 meer moorde word per maand in Suid-Afrika gepleeg in vergelyking met die dodetal weens die oorlog teen die Islamitiese Staat van Irak en Sirië (ISIS) in Irak het AfriForum in ‘n verklaring gesê.

Volgens AfriForum vind ongeveer 1 400 moorde per maand in Suid-Afrika plaas, terwyl die dodetal in Irak tydens Februarie die hoogte ingeskiet het met meer as 1 103 sterftes. Dit is egter steeds minder as die maandelikse syfer in Suid-Afrika. Die dodetal in Irak vir Februarie is die afgelope naweek deur die Verenigde Nasies (VN) se Nickolay Mladenov bekend gemaak.

“Suid-Afrika neig na ʼn oorlogsone as dit by moordsyfers kom. Volgens die 2013/2014-misdaadstatistiek van Suid-Afrika, word nagenoeg 47 moorde per dag in die land gepleeg, dit wil sê daar is ongeveer 1 400 per maand,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Volgens Cameron is die vergelyking belangrik, aangesien dit as bewys dien dat die polisie in Suid-Afrika die stryd teen geweldsmisdaad verloor en dat Suid-Afrikaners na hulle eie veiligheid moet begin omsien.

Cameron het verder genoem dat volgens die Iraq Body Count (IBC) het sowat 17 049 mense hul lewens gedurende 2014 in Irak verloor en volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se 2013/2014-statistiek, 17 068 mense in Suid-Afrika. Hierdie syfers dui daarop dat dit nie te vergesog is om Suid-Afrika met ʼn oorloggeteisterde gebied te vergelyk nie.

“Daar waar die polisie hulle bes doen om misdaad te bekamp, moet ons alles in ons vermoë doen om te help, maar gemeenskappe moet self verantwoordelikheid neem vir hulle veiligheid. Die staat misluk in sy plig om landsburgers te beveilig,” het Cameron afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button