Local newsNewsSchools

Eben jou yster!

Negejarige leerling vaar goed teen seuns ouer as hy.

Laerskool Rapportryer het ‘n swemster in sy midde.

Eben de Jager, ‘n negejarige Rapportryer-leerling het onlangs die oë laat rek in ‘n spogvertoning tydens die Central Gauteng Aquatics (CGA) Level 1 kampioenskappe.

Hy het aan sewe items deelgeneem naamlik die 50- en 100-meter vryslag, die 50- en 100-meter rugslag, die 50-meter borsslag, die 50-meter vlinderslag en die seuns 10 en onder wisselslagaflos.

Wat indrukwekkend was is dat Eben teen seuns ouer as hy moes swem en al het hy nie ‘n podiumplek verwag nie het hy met een goue- en vier bronsmedaljes weggestap, asook ‘n top 10 plek.

Sy pa Ockert het vertel, “Eben het van die begin af besluit om net sy beste te gee en gepoog om sy eie tye te verbeter.”

Eben het in die eerste item van die dag, die 50-meter rugslag, derde gekom. Van hier af het Eben se selfvertroue oorgeloop en het hy drie verdiende bronsmedaljes ingepalm in die 100-meter vryslag, 50-meter vlinderslag en 100-meter rugslag. In die 50-meter vryslag het hy ‘n sewende plek behaal terwyl hy buite die top 10 geëindig in die 50-meter borsslag.

Eben het op ‘n hoë noot afgesluit toe hy sy aflosspan help om goud in te palm.

Related Articles

Back to top button