18 Rammies haal ATKV-redenaarspan

'Ram se redenaarsleerlinge staan kop en skouers bo die kompetisie uit'

18 leerlinge van Laerskool Randfontein (Ram) is onlangs gekies om aan die gewilde ATKV-redenaarskompetisie deel te neem.

As keuringsproses is ‘n interne redenaarskompetisie op 11 Februarie gehou waar leerlinge van Graad 1 tot 7 hul toesprake voor ‘n gehoor van maats, ouers en ATKV-beoordelaars gelewer het.

Hul kon in een van drie afdelings deelneem en uit talle oulike onderwerpe kies soos, ‘Elke dassie prys sy eie kwassie’, ‘Liewer bang Jan as dooie Jan’ en ‘Kinders moet gesien word maar nie gehoor word nie’.

Die volgende leerlinge sal in Maart aan die ATKV-redenaarskompetisie deelneem:

• Graad 1 tot Graad 3: Elandrè Obermeyer, Waldo Greyling, Armand Martins, Alexia Smyth, Drytton Barnard en Mieke Oosthuizen.

• Graad 4 en Graad 5: Kieren Rautenbach, Clerise Begg, Anrè Naudé, Anrika Applelcryn, Zandrè Nel en Donique Oosthuizen.

• Graad 6 en Graad 7: Tyllin Barnard, Tiané Lotter, Annemarie Bekker, Roché Rautenbach, Devonique Breedt en Caitlin Begg.

“Die hoof, Leon Haupt en personeel is baie trots op die leerlinge se pragtige prestasies. Ram se redenaarsleerlinge staan kop en skouers bo die kompetisie uit,” het Annie Nolan, Ram se woordvoerder gesê.

Exit mobile version