Local newsNewsUpdate

R’fontein Skou – Die plek om te wees

'Ons sien uit om skoubesoekers te bederf met vermaak uit die boonste rakke.'

Die Randfontein Publisiteits Vereniging nooi almal hartlik uit na die 2015 Randfontein Skou wat vanaf 4 tot 8 Maart gehou gaan word.

“Ons sien uit om skoubesoekers te bederf met vermaak uit die boonste rakke, lekker kuier, heerlike kos en ‘n wye verskeidenheid stalletjies” het skoukoördineerder, Marcelle Mans gesê.“Met optredes van kunstenaars onder ander The Parlotones, Elvis Blue, Robbie Wessels, Juanita du Plessis, Karlien van Jaarsveld, Nicholis Louw, Blackbyrd, Juba, Morgan Beatbox, Elizma Theron, Manie Jackson, Heuning – en dis net in die Vodacom Markiestent.

“In die Kuierskuur gaan skoubesoekers se voete jeuk met meer as 30 kunstenaars wat tydens die vyf dae van die Skou gaan optree, o.a. Linda Kilian, die Kannie Warries Dans Orkes, Lance James en die Rodeo Girls, Jason Bradley, Chantel, Tanya V, Touch of Class, Dirk van der Westhuizen, Leanie Lombard, Juba, Jennifer Zamudio, Black Tie Cover Band en Zandre.”

Verskeie kompetisies word ook aangebied o.a. die uiters gewilde ”Cheerleading en Pom Pom, toutrek, pannekoek resies, “Chainsaw log cutting”, “Custom Muscle Car Show & Shine” en Sweepklap. Skougangers kan ook ‘n “smart-phone” of ‘n vankanse vir 6 by Mount Amanzi wen.

Buitelug vermaak sluit die Monster trokke, Rofstoei, Boerboel Skou, Mediyakoma Tradisionele dansers en “gumboot” dansers in.

Vir die kinders is daar hope vermaak – Bungee Trampolien, Rodeo Bul, pretpark, kameelritte, spookhuis, “Go-Karts”, inkleur kompetisies, gesigverf, poppekas, springkasteel en waterballe.

Die nuwe 4 x 4 hindernisbaan met 10 hindernisse en moddergat gaan beslis ‘n uitdaging vir deelnemers wees. Besoek ook die eco-adventures, meerkat 4 x 4 tente, buitelewe toerusting en 4 x 4 sleepwa uitstallings.

Die Wereldbiddag vir Vroue word weer op Vrydag, 6 Maart in die Vodacom Markiestent om 8vm met gasspreker, Tania Strauss, aangebied. Faith Dury gaan haar gebedskussings uitstal en elke vrou kry ‘n grais Finesse tydskrif. Vroue kry gratis toegang tot en met 8vm om die geleentheid by te woon. ‘n Liefdesoffergawe ten bate van liefdadigheid gaan ook opgeneem word.

Sondag skop af met ‘n groot loffees met die Gospel koor van Hoerskool N Diedericks en daarna die “Manne wat Glo” mannegroep met Jan de Wet, Leon Ferreira, Willie Joubert en Dewald Gouws. Om 12 uur sing Elvis Blue en om 2nm die gewilde Parlotones.

Randfontein Skou is bekend vir sy liplekker kos. Die nuwe Ware Wingerd Deli en Plaaskombuis (Skousaal) gaan heerlike bobotie, mosbolletjies, melktert, koeksisters, gemmerbier en ingelegde vrugte op hulle spyskaart he. Kosdemonstrasies en ‘n heerlike driegang maaltyd gaan deur gewilde Kokkedore, Tiaan en Mynhardt op Saterdag, 7 Mrt en Sondag, 8 Mrt vanaf 1nm tot 3nm aangebied word. Slegs ‘n beperkte aantal sitplekke teen R150 pp is beskikbaar.

Ander kosstalletjies op die Skou – Belgiese wafels, seekos, koedoe sosaties, hamburgers, snoek en patat, mielies, vetkoek, shwarmas, volstruis produkte, roosterkoek, afval, kerrie & rys, hamburgers en pannekoek. Drie biertuine, wyntuin en talle koeldrank stalletjies is ook daar vir die droe kele.

Vyf dae van pret, proe, praat en plesier by die 2015 Randfontein Skou! Dagboek nou die datums en nooi jou familie, vriende en kollegas na die lekkerste kuierskou in die land. Onthou goedkoper toegangskaartjies is nog beskikbaar tot 3 Maart.

Vir enige navrae skakel die Skoukantoor by 011 412 2878 / 1562, faks 011 692 3017, webblad www.randfonteininfo.co.za, epos rftnshow@absamail.co.za of volg ons op Facebook of Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button