CrimeLocal newsNews

Pensionarisse vrees vir hul lewe in Mainstraat

'My man laat my nie meer toe om alleen dorp toe te kom nie'.

Pensionarisse en senior inwoners van Randfontein moet baie versigtig wees as hulle in Mainstraat inkopies doen of die banke besoek.

Die straat word nou deur skelms en rowers gebruik om Randfontein se ou mensies te teiken.

“Die skelms is jongerige mans wat hier rondstaan en dan as my kliente voor die winkel stop kyk die mans in die motors, breek die ruit en vat dan waardevolle items wat op die sitplekke lê of in die kattebak is. Ander sal nou weer wag dat die klient weer in die motor klim en dan vir die tannie of oom wys dat daar iets fout is buite die motor met die wiel of iets. As hulle dan weer uitklim om te kyk dan slaan hulle toe en besteel die persoon,” het Imran Dangor, die eienaar van Curtian and Fabric World bekommerd vertel.Volgens Dangor het die voorvalle in Mainstraat toegeneem die laaste ruk en het hy tot twee  wagte aangestel wat sy kliente na hulle motors toe vergesel.‘n Gereelde klient van Curtian and Febric World, Margaret Snyman sê sy voel glad nie meer veilig in Mainstraat nie.

“My man laat my nie meer toe om alleen dorp toe te kom nie en as ek moet material koop laai hy my voor die winkel af en dan gaan soek hy parkering. Laas week het die karwagte ons gewaarsku dat selfs my man in die motor nie veilig is nie. Rowers gebruik ook klippe langs die pad om die vensters uit te slaan,” het Snyman verduidelik.Die karwagte in die straat meen hulle het hulle hande vol met die skelms en probeer die ou mensies beskerm waar hulle kan.
“Ons weet al hoe die gomkoppe lyk maar die polisie het nog nie hier opgedaag om ons te vra nie,” het Frans Erasmus, ‘n karwag by die bank vertel.
Volgens Erasmus snuif die jong mans gom en dan kom steel hulle die pensionarisse se handsak en breek by die motors in.
“Ons probeer help waar ons kan maar hulle is vinnig en het puntsmanne wat die straat fyn dop hou,” het Erasmus vertel.Dangor het die volgende wenke gegee vir sy kliente en mense wat die bank gebruik:• Wees altyd op jou hoede.
• Maak seker jy word nie dop gehou nie.
• Sit alle waardevolle items soos beursies, handsakke, laptops en fone liewer in die motor se kattebak.
• Moet nie groot ontrekkings maak by die bank nie, gebruik liewer ‘n ander kitsbank waar daar wagte is.
• Wees bewus van ‘jammers’ wat die motor se sluit meganisme af skakel en jou motor dan oop los selfs as jy dit sluit.
• As mans vir hulle vrouens in die motor wag, sluit die motor en moenie op jou selfoon praat met ‘n oop venster nie.
• Moet asseblief nie uit jou motor oopsluit en uit klim as iemand vir jou sê dat jou wiel pap is of iets is fout nie. Ry liewer na die naaste fulstasie en kyk dan daar.

“Ons as gemeenskap gaan moet saam staan teen die krimenele in die dorp. Dit maak my verral vies dat hulle ons ou mensies teiken. Hulle het so min en moet beskerm word deur ons mense wat nog kan baklei vir geregtigheid,” het Mnr. Dangor af gesluit.

Related Articles

Back to top button