CrimeLocal newsNews

Man van R95 000 beroof

Slagoffer oortuig dit is iemand van die bank.

‘n Man van Greenhills is vroër by sy huis van R95 000 deur ‘n groep gewapende mans beroof.

Die slagoffer, Johan Pienaar glo“Dit was ‘n werknemer van die bank, ek is oortuig daarvan.”

Volgens Pienaar het hy gister (Woensdag 25 Februarie) ‘n aansoek by FNB ingedien om die groot som geld te trek. Hy wou dit saam hom neem Nieu-Seeland toe waar hy werk.

“Hulle het vir my gesê dit vat ‘n dag om die gelde los te kry en die kontant te pak en ek moet vandag 9 uur dit gaan optel. Ek het toe eers 10 uur kans gekry om te gaan. Voor ek teruggekom het by die huis het my suster Trix ‘n blou polo gesien wat in Falconstraat op en af vir minstens 20 minute ry terwyl sy vir my gewag het. Die mans het geweet watter tyd ek versonderstel was om terug te wees van die bank af,” het Pienaar vertel.

Volgens Pienaar is hy nie van die bank af huis toe gevolg nie. Die gewapende mans het by die hek ingeloop toe Pienaar by sy motor uitklim en het ‘n 9mm pistol teen sy kop gedruk. Pienaar wou nog‘n geveg opsit maar was bang vir die veiligheid van sy suster.

“Dit was sekondes later toe is hulle weer hier weg links op in Kennethstraat en oor die brug.”

Mapogo se sekuriteitsbeampte, Adriaan Venter wat net verby gery het, het gesien dat daar iets fout was buite die huis in Falconstraat en het onmiddelik EPR gekontak om te kom help.

Pienaar glo vas dat die mans ‘n informant in die bank gehad het. Hy het die herald vertel dat hy dit verder gaan vat met FNB.

Die drie gewapende verdagtes in ‘n Turquoise VW Polo kon wel nie gevang word nie. Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle verklarings van Pienaar en Trix gekry het. Die Pienaars vra dat as enigiemand die voertuig en mans iewers sien hulle onmiddelik vir Mapogo, EPR of die polisie skakel.

Die polisie asook sekuriteitsmaatskappye Mapogo en EPR op die toneel waar rowers die Pienaars van R95 000 beroof het.
Die polisie asook sekuriteitsmaatskappye Mapogo en EPR op die toneel waar rowers die Pienaars van R95 000 beroof het.

Related Articles

Back to top button