Tudor Rebels help baba Keegan

'Dit voel nie meer of ons hierdie geveg alleen aanpak nie, dit gee my moed' — ma.

In ‘n vorige artikel deur die herald op 16 Januarie 2015 het Randfontein vir Jenny Boshoff en haar klein ystertjie, baba Keagan ontmoet.

Ten spyte van al die gesondheidprobleme wat die lewe sy kant toe gegooi het, het die klein vegtertjie bly lewe.

“Ek het net aanhou glo dat hy dit gaan maak, selfs nadat die dokters telke male opgegee het en sy suurstof weggevat het,” het Jenny gesê.

Keegan het Digeorge Sindroom wat ‘n totale afbreek van sy umienestelsel veroorsaak. Hy het ook ‘n onderontwikkelde Thyris wat sy ontwikkeling belemmer en baie ander probleme veroorsaak.

Na die berig deur die herald het ‘n paar mense na Jenny uitgereik wat haar permanente werk moes opgee om 24uur ‘n dag na Keegan te kyk. Die familie se Hospitaal, ambulans en huurkostes het hulle finansieel geknou en terwyl Keegan veg vir sy lewe, baklei Jenny om kop bo water te hou.

Die Tudor Rebels motorfiets bende het hulle harte oopgemaak en onder die lede geld ingevorder en sakke vol kruideniersware vir Jenny gaan koop.

“Ons het gevoel dat dit ons verantwoordelikheid is om hulle te help. Hoe kan mens kyk of hoor van hoe ‘n ander mens in jou dorp swaar kry en net niks daaromtrent doen nie. Baba Keegan baklei om aan die lewe te bly, dis nie nodig dat hy intussen ook moet honger ly nie,” het Pieter De Witt, Tudor Rebels se Nationale Visie President gesê.

Jenny was skoon beskeie toe die Rebels haar op Maandag (23 Februarie) verras het met al die kos, doeke en babamelk.

“Ek wil net baie baie baie dankie sê vir elke persoon wat so vrygewig was en gehelp het. Dit voel nie meer of ons hierdie geveg alleen aanpak nie en dit gee vir my en Keegan moed vir die toekoms,” het Jenny vertel.

Die kwansuise rowwe bende op hulle rasende ysterperde het gewys dat hulle eintlik ‘softies’ is met enorme groot harte.

Exit mobile version