Riebeeckmeer ‘n ekologiese tydbom

Meer se oppervlak is 50 persent met vullis en algae bedek.

Die Riebeeckmeer is in ‘n skandelike toestand.

Die meer – wat al vier jaar vir die publiek gesluit is – huisves talle voëlsoorte maar is deesdae meer ‘n stortingsterrein as enigiets anders.

Die herald het ‘n jaar terug berig (18 Februarie Riebeeck Lake: Disaster area) oor die toestand van die meer en dit onder die munisipaliteit se aandag gebring maar die situasie het net vererger.

Die oewers van die meer is nou ‘n laag gemors en plek vir gebreekte bottels. Die gemors het ‘n laag algae gevorm wat meer as 50 persent van die meer bedek en veral die eende wat op die meer bly moet nou daar deur swem om by die skoonstukkies water uit te kom.

Die gemors sink nie eers meer af na die bodem van die meer nie en na vier jaar se storting is die impak van die meer se verwaarloosing duidelik as mens kyk na die laag algae wat nou meer as 50 persent van die meer se oppervlakte bedek.

Daar is geen teken van vis in die meer nie en die voëls wat daar vroër jare gefloreer het moet nou elders hulle kos vandaan kry.

‘n Jaar terug was daar wel nog hekke by die hoofingang om die mense by die meer weg te hou maar nou is die ook gesteel en wagte het hulle hande vol om die mense daar uit te hou.

Volgens die Nationale Omgewingsbestuur Wet: Vullis Wet No.59 van 2008 is die wet ten opsigte van vullis hervorm om die gesondheid en beskerming van die omgewing te virseker. Die wet sê ook dat redelike maatreels geneem moet word om die voorkoming van besoedeling en ekologiese agteruitgang te voorkom.

Die wette geld vir die hele Suid-Afrika en sluit Riebeeckmeer in wat deur die Randfontein-munisipaliteit besit word. Die bestuurder van die Departement van Parke, Patricia Tshitema kon nie genader word vir komentaar nie, maar die herald het wel die Munisipale Woordvoerder, Phillip Montshiwa genader asook die Birdlife Suid Afrika konservasie organisasie.

Vir meer fotos kliek hier.

Exit mobile version