Local newsLocal sportNewsSport

Teine looi Pretoria Harlequins

Teine net te goed op hul tuisveld, klop besoekers 39-12.

Teine se eersterugbyspan het die amptelike seisoen op ‘n hoë noot afgeskop deur die afgelope naweek met Pretoria Harlequins af te reken.

Honderde Randfonteiners het na die Greenhills Stadion gestroom om die tuisspan te ondersteun. Die wolke het ook gedreig met reën maar dit het nie die manne gepla nie.

In die eerste 10 minute het Teine reeds die voorsprong geneem maar effens gesukkel om pale toe te korrel. Teen halftyd het die telbord 29-7 in Teine se guns gelees.

Die eerste paar minute van die tweede helfte het Harlequins hard probeer terugveg en Teine omtrent laat bontstaan maar die tuisspan het koelkop gebly en die druk goed hanteer.

Intussen het dit begin sous maar Teine het die regte wedstrydplan gespeel om nog twee drieë te druk.

Wat die res van die klub aanbetref het Teine se tweede- en derdespanne ook geseëvier.

Nog foto’s hier.

Related Articles

Back to top button