NewsSchools

Jannas se Graad 8 VRL aangekondig

'Die skool sien uit daarna om die res van die jaar saam met diéegroep leerlinge te werk.'

Jannas het onlangs hul nuwe Graad 8 Verteenwoordigende Raad van Leerlinge (VRL) aangekondig.

Sarel Steyn, die VRL-voog van Hoërskool Jan Viljoen het gesê, “Die Graad 8 VRL-verkiesing het Maandag (9 Februarie) plaasgevind. Die skool sien uit daarna om die res van die jaar saam met die groep leerlinge te werk.

“Die 12 VRL-lede is Woensdag (11 Februarie) tydens saalopening aan die skool bekendgemaak waar hulle elkeen ook ingehuldig is.”

Die nuwe Graad 8 VRL-lede is Corrie Appelcryn, Kevin Zaayman, Zandré de Beer, Fanie van Rensburg, Kyle Zaayman, Francois Walter, Andrea Horn, Lisa Heuer, Angelique van Niekerk, Mariska Kruger, Di-Anré Ernst en Jenna Gillyon.

Related Articles

Back to top button