CrimeLocal newsNews

Trok met sigarette gekaap

Gewapende mans teiken afleweringstrok in Villagestraat.

Rowers het Maandag (16 Februarie) omstreeks 7.30vm ‘n trok wat sigarette vervoer in Villagestraat in Randfontein gekaap.

‘n Geskokte ooggetuie wat anoniem wil bly het die herald vertel hoe twee gewapende mans die trokdrywer en sy passasier in die trok ingeboender het en toe daar weg, gevolg deur twee ander voertuie.

Hy het gesê die een voertuig was ‘n silwer Mercedes-Benz (YPL338GP) en die ander ‘n Hyundai H100 afleweringstrok.

Die Randfontein-polisie het bevestig die kapers het met die trok tot in Bhongweni naby Kokstad gery, waar hulle die inhoud van die trok na ‘n ander voertuig – glo die Hyundai – oorgelaai het en met die sigarette gevlug het.

Die drywer en sy passasier is daar saam met die trok gelos en het geen beserings opgedoen nie. Daar is ook geen skote afgevuur nie.

Die polisie vra dat enigiemand met inligting die speurtak by 011 278 8100 skakel.

Related Articles

Back to top button