NewsSchools

Agt nuwe personeellede vir Rammies

'Die hoof en beheerliggaam vertrou dat 2015 ‘n geseënde jaar gaan wees'.

Laerskool Randfontein het gedurende die Desember-vakansie talle veranderinge ondergaan.

Die bestuur het besluit om die verskillende grade nader aanmekaar te skuif sodat die skool meer doeltreffend kan funksioneer.

24 klasse is geskuif waartydens hierdie klaskamers ook herstel is. Die personeel het hard gewerk en die nuwe klaskamers is aan die leerlinge in Januarie bekend gestel.

Die personeelgroep het ook tot 80 personeellede gegroei.

Laerskool Randfontein verwelkom die volgende personeellede:

• Rikus Kruger: Graad 6 LO en Graad 4 tot 7 Menslike Bewegingskunde

• Melanie Swartz: Graad 5 Afrikaans

• Christell Jager: Graad 5 Wiskunde

Die volgende student-onderwysers het ook intussen by die skool aangesluit:

• Ruan Pieterse: 1ste jaar

• Chris Jacobs: 1ste jaar

• Adelle Grobbelaar: 1ste jaar

• Toinette Meyer: finale jaar

• Bonita Fick: finale jaar

“Die hoof en die beheerliggaam hoop en vertrou dat 2015 ‘n besonderse en geseënde jaar gaan wees vir elke Rammie en die gemeenskap wat ons skool dra en ondersteun,” het Annie Nolan, woordvoerder vir Ram gesê.

Related Articles

Back to top button