Local newsNews

Poskantoor skuld verbruikers R180 miljoen — AfriForum

'Nog ʼn voorbeeld van die staat wat nie hul verpligtinge nakom nie en ons ekonomie ly daaronder'.

Posbushouers in Suid-Afrika eis vergoeding van die Poskantoor vir die drie maande waarin daar geen diens gelewer was nie as gevolg van poskantoorstakings het Tiaan Esterhuizen, bestuurder van gemeenskapstrukture by AfriForum gesê.

“Posbushouers het in 2014 vir 12 maande se diens betaal, maar slegs nege maande se dienste ontvang. Die totale stilstand van dienste het verbruikers sowat R76 miljoen gekos,” sê Esterhuizen.

“AfriForum het die Suid-Afrikaanse Poskantoor op terme geplaas om alle posbushouers te vergoed vir drie maande se dienste wat nie gelewer is nie. Indien die posbushouers nie vergoed word nie sal die organisasie regstappe oorweeg.

Dit is bloot nog ʼn voorbeeld van die staat wat nie hul verpligtinge nakom nie en ons ekonomie ly daaronder,” het Esterhuizen gesê.

Die Wet op Verbruikersbeskerming stipuleer dat verbruikers geregtig is op:
• Die tydige uitvoering en die voltooiing van dienste.
• Die uitvoering van die dienste op ‘n wyse en gehalte wat algemeen aanvaarbaar is.
• Redelike terugbetaling van enige dienste wat nie uitgevoer is soos ooreengekom nie.

AfriForum het talle klagtes van ontevrede verbruikers ontvang. Belangrike dokumentasie en pakkies het nie hul eindbestemming gehaal nie. Tydskrif- en koerantsubskripsies is gekanselleer weens die feit dat die posdienste nie meer betroubaar is nie.

AfriForum moedig verbruikers aan om hul besonderhede aan AfriForum te stuur om hul naam by die klag te voeg. Stuur die inligting na tiaan@afriforum.co.za of SMS “POS” en jou naam na 32688 (R1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button