Local newsNewsSchools

Groentjies word volwaardige Jannas-leerlinge

Graad 8's gaan van Jan-Pampoenpitte tot volwaardige Hoërskool Jan Viljoen-leerlinge.

Bang Hoërskool Jan Viljoen-groentjies is nou trotse Jannas-leerlinge na ‘n opwindende inburgeringsprogram.

Graad 8’s is tydens die program geleer hoe om te dans, krete te sing, eksamen te skryf en natuurlik om die skoollied uit volle bors te sing.

Die skool het hul groentjiekonsert Vrydag (6 Februarie) by die skoolsaal gehou. Die konsert met As-pampoentjie en Prins Julius was volgens juffrou Tammy Petzer ‘n reuse sukses en elkeen van die ses Graad 8-klasse het die gehoor behoorlik vermaak met hul oorspronklike dansies.

Op Maandag (9 Februarie) het die Graad 8-leerlinge die trotse tradisie van hul voorlopers voortgesit en is met ‘n erewag van ouers, onderwysers en leerlinge by die skoolsaal verwelkom.

Elke Graad 8-leerling het ook ‘n sakbybel van Gideon Internationaal ontvang.

“Ons verwag groot dinge van ons nuwe Graad 8’s,” het Tammy gesê.

Related Articles

Back to top button