Eskom gaan ons nie onder kry

Wie't gesê ons moet depressief wees?

Hulle sê Suid-Afrika is die mees romantiese land in die wêreld – elke dag eet ons by kerslig.

Dit was ‘n grappie maar op ‘n meer ernstige noot word Suid-Afrikaners deesdae gedwing om beurtkrag te aanvaar.

Ons kla op Twitter en Facebook en kom nêrens nie. Nou wat nou?

Hoekom gebruik ons dan nie eerder beurtkrag om die vlamme van liefde op te skerp nie?

‘n Donker aand kan gou verander na ‘n romantiese ete met jou meisie of kêrel.

Dit kan goedoen word met ‘n paar huishoudelike items soos ‘n wit tafeldoek, roosblare, rooiwyn en ‘n paar kerse. Die kerse moet nie daardie ou industriële wit kerse wees nie, koop eerder rooi kerse want rooi is die kleur van liefde.

Omdat daar nie kraag is nie, moet ‘n mens maar kos koop om huis toe te bring. As dit ‘n bietjie te duur is, sal toebroodjies ook reg wees.

Toebroodjies is eindlik die ideale kos vir ‘n romantiese beurtkrag-ete want hulle kan gesny word in die vorm van ‘n hartjie.

Miskien hou jy daarvan om te braai; dit sal ook doen, maar ‘n mens kan nie ‘n hartjie uit ‘n tjopie sny nie. Dalk sal potjiekos en ‘n glas rooiwyn meer romanties wees.

Beurtkrag hoef nie altyd sleg te wees nie; ‘n mens kan net sowel kerse opsteek en ‘n romantiese ete hê.

Exit mobile version