Local newsMunicipalNews

W’aria begrafplaas in skokkende toestand

Pa geskok toe hy sy oorlede seun se graf besoek.

Thys Labuschagne was verlede week geskok toe hy sy seun se graf by die Westonaria Begrafplaas besoek het.

Thys se seun is ongeveer 21 jaar gelede op die ouderdom van vyf oorlede. Thys wat 20 jaar in Westonaria gebly het, onthou hoe mooi die begrafplaas altyd was. Thys en sy vrou Renette woon tans in Randfontein en probeer om so elke twee maande ‘n draai by die graf te maak.

“Dit het omtrent my hart gebreek toe ek hier aankom na ‘n lang ruk weg, en sien hoe die graf weggesteek is agter die bossies en gras. Ek het ‘n ruk terug self om die graf skoongemaak en bakstene gepak om die bossies bietjie weg te hou maar dit lyk of dit net glad nie deur werkers onderhou word nie,” het Thys gesê.

Na Renette die Westonaria Munisipaliteit gebel het, het die werkers wel begin die gras en bossies sny maar nou dat dit amper weer Winter is.

Thys het nou besluit om spuitgif te koop om van die struike en lang gras te spuit om die graf.

“Hoekom kan die begrafplaas dit nie doen nie? Hulle het een man wat al die werk hier moet doen en duidelik kan hy nie alleen bybly nie,” het Thys bygevoeg.

Die begrafplaas se palisade omheining is ook besig om weggedra te raak deur mense wat die staal gebruik en verkoop. Nou kan enige Jan rap en sy maat deur die heining klim om grafstene beskadig, ook selfs steel.

Thys meen ook dat hy nooit sal toelaat dat sy vrou alleen die graf besoek nie. Die lang gras is perfek vir boewe om in weg te kryp en volgens Thys kan dit selfs gevaarlik wees vir mans wat alleen die begrafplaas besoek.

Verwante artikels:

R’fontein cemetery in shocking state

Chaos at Greenhills cemetery

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button