Local newsNews

Gemeente in trane met Klerksdorp-pastoor se preek

Die gemeente sal nooit weer die selfde wees nie meen talle.

Lede van die AGS Middelvlei-gemeente het ‘n onlangse erediens met Marinda Young as geseënd beskryf.

Pastoor Marinda Young is voltyds in die woord, sang en musiekbediening by Jubilee Ministries in Klerksdorp. Sy kom uit ‘n huis waar haar ouers albei die Here met hart en siel gedien het. Haar ma, Pattie Fourie, was vir 33 jaar voltyds in diens van die Here.

“Ek het grootgeword in die geloof. Op die jong ouderdom van nege is ek kragtig gevul met God se Gees wat ‘n roeping op my lewe geplaas het. My taak? Om stukkende mense met my sang te bedien en die pad te wys. So jonk as 14 jaar oud neem ek toe my eerste diens waar en waar ek gevul is met die Teenwoordigheid van die Heilige Gees,” het Young gesê.

Sy het in 1996 haar eerste CD Want Jy is Sy Liefling met groot sukses in haar pa se gemeente in Alberton bekend gestel. Sy het ook Huise van Glas, God se Plan en Royal telephone in 1997 bekendgestel. In 2002 het sy The God of the Mountains en in 2006 4 Days Late bekendgestel.

Pastoor Young se slagspreuk is “Wie kan die Here keer as Hy besluit om te seën?”

Sy het die gemeente van AGS Middelvlei tot trane gebring met haar kragtige preek en sangery.

Die gemeente sal nooit weer die selfde wees nie.

Related Articles

Back to top button