Rammies-leiers gereed vir aksie

Die leiersimposium het hulle ontwikkel tot die ware leiers wat hulle is.

Laerskool Randfontein se hoofleiers het onlangs ‘n leiersimposium bygewoon.

Volgens die skool het dit hulle ontwikkel tot die ware leiers wat hulle is. Die simposium is deur die ATKV aangebied en by een van hul oorde, Drakensville gehou.

Die hoofleiers het baie opgewonde al die aktiwiteite met mening aangepak; dit sluit in boogskiet, foefieglybane, vlotbou, kettieskiet en hindernisbane.

Motiveringsprekers het die leiers tydens insiggewende lesings toegerus met wenke om hulle op die uitdagende pad te help.

Tydens spanbousessies het die leiers geleer om as ‘n span probleme op te los en om saam te werk as mense met verskillende idees.

Annie Nolan, bemarker vir Laerskool Randfontein sê, “Elkeen is uniek en verskil van mekaar, maar hoe hulle saam werk sal hul sukses bepaal. Hulle is geleer hulle mag van mekaar verskil en hul opinies gee, maar hulle moet ander se idees en opinies respekteer.

“Ons as onderwysers sien uit na ‘n suksesvolle jaar saam met die hoofleiers en weet hulle gaan ‘n uitstekende groep wees.”

Agter: Eugene Willemse, Khotso Segale, Stefan Smits. Middel: Herma Bosman, Odé du Plessis. Voor: Michaela Lubbe.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version