Sewe roof snoepwinkel

'Twee van hulle is vasgetrek' — polisie.

‘n Snoepwinkel is onlangs deur sewe mans beroof.

Volgens kaptein Appel Ernst, Randfontein-polisie woordvoerder, het die voorval op Sondag (25 Januarie) plaasgevind. Twee van die mans is gearresteer en sal Maandag 9 Februarie in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

“Volgens die 21-jarige eienaar van die snoepwinkel het sewe mans ongeveer 7.20nm sy winkeltjie binnegestorm. Een van die verdagtes het ‘n vuurwapen in sy gesig gedruk en die sleutels van die winkel by hom afgeneem.

“Die mans het verskeie items uit die winkel geneem. ‘n Buurman het by die winkel opgedaag en hy en die eienaar het dit reggekry om twee van die rowers te oorrompel, maar die ander vyf het gevlug.

“Die twee mans is kort na die voorval deur Randfontein-polisie gearresteer en het Dinsdag in die hof verskyn. Die saak is tot Maandag (9 Februarie) uitgestel wanneer hulle vir borgtog sal aansoek doen.

“Die Randfontein-polisie bedank die man en sy buurman vir hul flink denkwerk en aksies om die twee mans vas te trek.”

Exit mobile version