CrimeLocal newsNews

Ontbinde oorskot by pyplyn ontdek

Geslag is glo manlik.

Die soveelste ontbinde oorskot is in Randfontein gevind – dié keer naby ‘n pyplyn wat vanaf die Cooke myn na Millside loop.

‘n Sekuriteitsbeampte van die myn het glo op dit afgekom in die vroeë oggendure van Donderdag 22 Januarie toe hy die gebied patrolleer.

Die polisie is onmiddellik geskakel om ondersoek in te stel. Die polisie het ook klere en skoene op die toneel gevind. Die geslag van die oorskot is glo manlik, maar die ras kon nie geïdentifiseer word nie as gevolg van die mate waarin hy ontbind het. ‘n Nadoodse ondersoek sal by die staatslykshuis gedoen word.

Die Randfontein Polisie kan gekontak word by 011 278 8100 met enige inligting oor die man se identiteit. Die ondersoekbeampte is bevelvoerder Pappas Mhlongo.

Verwante artikel:

Human skeleton discovered in the open

Related Articles

Back to top button