Local newsNewsSchools

Graad 8s by Rierand verwelkom met Poortloop

Nou is elke groentjie volwaardige Rieranders.

Daar was groot opgewondenheid toe mammas, pappas, onderwysers en leerlinge Hoërskool Riebeeckrand se groentjies met ‘n Poortloop  verwelkom het.

Die jare lange tradisie by Rierand merk die einde van die Graad 8’s se induksieprogram en is altyd ‘n groot oomblik vir die skool. Dit merk die eerste keer dat ‘n Graad 8 as ‘n volwaardige Rierander die skool binnetree, beskou word en hul skoolklere mag dra.

Tydens die Poortloop het byna elke ouer ‘n kamera gereed gehad om die groot oomblik vas te vang.

Die prefekte het by die poort gestaan en die groentjies gehelp hul baadjies aantrek, waarna hulle deur Cassie van der Walt, waarnemende hoof verwelkom is. Hulle het ook ‘n sertifikaat ontvang.

“Baie welkom aan al ons Graad 8-leerlinge. Julle het reeds diep voetspore hier getrap. Julle positiewe gesindheid en lojaliteit is sigbaar en ek vertrou julle gaan nog groot hoogtes hier bereik en baie herinneringe maak as trotse Rieranders,” het Annelise van den Berg, die skoolhoof gesê.

Related Articles

Back to top button