Jannas-leerling besoek Duitsland

'Ek voel nou sommer soos ‘n egte Duitser'.

Een van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se leerlinge het onlangs die geleentheid gehad om Duitsland te besoek.

Nadat Renier van Dyk by die FSA (Friend of South Africa) Youth Exchange aansoek gedoen het, is hy gekies is om by ‘n Duitse-familie vir ‘n rukkie te gaan bly.

Op 10 Desember verlede jaar het Renier eers na Dubai toe gevlieg, en daarna na Frankfurt. Hy het in totaal 17 ure gevlieg na Duitsland.

Vir ‘n maand lank het hy by die Rückels-familie in Geiselwind gebly en vir 21 dae by Schloss Schwarzenberg skoolgegaan – dít terwyl Suid-Afrikaanse leerlinge op vakansie was.

Renier het plekke soos Munich en die sokkerstadion Allianz Arena besoek asook die ou Nazi-museum en monumente in Nuremberg. Hy het ook minder bekende plekke soos Würzburg Bamberg en Scheinfeld besoek.

Volgens Renier het temperature gewissel tusssen -17°C en 5°C en het hy vir die eerste keer in sy lewe sneeu gesien.

Renier het gesê dit was vir hom ‘n onvergeetlike ervaring en hy het dinge geleer wat hy nooit op ander plekke sou leer nie.

“Ek voel nou sommer soos ‘n egte Duitser. Dit is baie anders daar as hier maar die mense was baie vriendelik en oom Richard Rückels het selfs die mooiste bierbeker vir my pa teruggestuur,” het Renier opgewonde vertel.

Exit mobile version