Local newsNews
EFF beplan groot optog
Publiek en EFF-lede beplan groot betoging na Randfontein-munisipale geboue.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2015/02/IMG_0241-650x433.jpg)
‘n Rooi golf en sterk teenwoordigheid van die politieke party, die EFF (Ekonomiese Vryheidsegters) word more (Woensdag 4 Februarie) in Randfontein verwag.
Volgens ‘n amptelike verklaring beplan EFF-lede saam die publiek om vroeg-vroeg op die R28 (Westonaria-pad) bymekaar te kom waar hulle dan daarna in die dorp na die munisipale geboue sal beweeg.
Van die redes vir die optog sluit in hoë tariewe en belasting; die saamsmelt van Randfontein en Westonaria-munisipaliteite; hoë begrafplaastariewe en die munisipaliteit se enorme skuld wat steeds aan Eskom uitstaande is.
Motoriste is gevra om die dorp by die munisipaliteit eerder te vermy indien moontlik.