Local newsNews

Romantiese Valentyndsdag-ete

AGS Middelvlei bied 'n kersligete vir Valentynsdag aan.

Valentynsdag is om die draai en as jy nog nie weet waar jy die aand saam met jou geliefde gaan spandeer nie, is die AGS Middelvlei Kersligliefdesete vir jou.

Die ete word Saterdag 14 Februarie by Hoërskool Jan Viljoen se koshuissaal om 4nm gehou.

Plaaslike sangers soos Tanya V, Willem van Loggerenberg en talle ander sowel as die gasspreker Prinses Susan sal te sien wees. Kostes beloop R100 per persoon en R50 vir kinders wat ‘n drie-gang-maaltyd insluit.

Daar sal ook ‘n fotograaf beskikbaar wees.

Vele pryse, wat juweliersware insluit, sal gedurende die aand uitgedeel word.

• Navrae: Janine Ferreira by 071 536 5747.

Related Articles

Back to top button