Video: As ek eendag groot is …

Graad 1's lig die herald in oor wat hulle wil word as hulle groot is.

As mens terugkyk na jou skoolloopbaan voel dit asof dit in ‘n oogwink verbygevlieg het.

Op jou eerste dag as Graad 1’tjie was jy onseker of jou ouers vir jou lief was, want hoe kon hulle jou dan so op ‘n vreemde plek saam met vreemde mense los? Jy was onseker oor die baie kindertjies waarmee jy die klas moes deel en jy was onseker of jou ouers jou ooit weer sou kom haal.

In Graad 7 was jy seker dat jy elke treetjie van al die trappies in die skool geken het. Jy was ook seker dat jy elke onderwyser se naam en van geken het en hulle joune. Die lewe was ‘n lied en jy het al die woorde geken.

Toe volg die onsekerheid van Graad 8 en net soos ‘n nat mossie val jy toe weer terug aarde toe. Alles was weer vreemd en nuut en net so is jy weer onseker of alles wat jy geglo het, waar is. Jy het gewonder of ontgroening regtig nodig was en of daai meisie of ou wat vir jou baie mooi was jou ooit sou raaksien.

In jou matriekjaar was jy seker dat niemand slimmer as jy kan of ooit gaan wees nie. Jy was ook seker dat jou ouers vir jou ‘n kar gaan koop en dat daai meisie of ou wat verbyloop dink jy is die oulikste ding op twee bene.

Dan soos ‘n sneltrein is dit verby en jy besef dat jy nou moet besluit wat jy wil word as jy groot is.

Die herald het ‘n bietjie by Randfontein Christian Academy (RCA) se Graad 1’s gaan kuier en gevra wat hulle wou wees as hulle groot is. As hulle jou in Graad 1 gevra het sou die antwoord maklik wees – meestal polisieman, seerower of juffrou.

Kyk na die video hier oor wat hulle te sê gehad het.

 

Video:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version