Voorsmakie van 2015 Randfontein Skou

Organiseerders stel program beskikbaar vir die dorp se grootste skouspel van 4 tot 8 Maart.

Daar word jaarliks ‘n reuse opskop in die dorp gehou – die Randfontein Skou.

Hierdie jaar is dit die 29ste Skou en sal vanaf Woensdag 4 tot Sondag 8 Maart plaasvind by die Greenhills Sport Stadion. Die Randfontein Skou word as die ‘grootste besigheid- en sosiale ekstravaganza aan die Wes-Rand’ beskryf, en Skou-koördineerder Marcelle Mans glo dit is dié lekkerste kuierskou.

Nuwe opwindende items op die program sluit in:

• ‘n Loffees met Manne wat Glo: Sondag

• Daaglikse pannekoekresies

• ‘Monster Trucks’ vertonings en ritte: Saterdag en Sondag

• ‘Custom and Muscle Car Show and Shine’ kompetisie: Sondag

• Toutrekkompetisie: Saterdag

• Wenners van die eerste kykNET Kokkedore-kompetisie gaan kook in die Skou-saal: Saterdag en Sondag

• Splinternuwe Ware Wingerd Deli in die Skou-saal

• Village Square Plaaslike Skouspel: Woensdag

• Tarantula-spinnekoppe

• Sweep-klap kompetisie en demonstrasies

• ‘Chain saw and log cutting’ kompetisie

• Van Loveren Wyntuin

Ou gunstellinge:

• Wêreldbiddag vir Vroue

• Rofstoei

• Pretpark

• Meer as 400 stalletjies

• Bungee Bounce

• Cheerleading en Pom-Pom Kompetisie

• Boerboel Skou

• Cansa Shavathon

• Groot skerm TV vir rugby en Wêreldbeker krieket

• 4 x 4 Adventures

• Kids Zone

Dis nie al nie. Moenie uitmis op vermaak uit die boonste rakke by die Vodacom hoofverhoog nie – The Parlotones, Elvis Blue, Juanita du Plessis, Robbie Wessels, Karlien van Jaarsveld, BlackByrd, Nicholis Louw, Manie Jackson en Heuning.

In die Kuierskuur: Estanislau, Touch of Class, Gibbon, Bruwer Malan, Gert de Beer, Chantelle Hughes, Zandre, Linda Kilian, Black Tie Cover Band, Zane B, Jennifer Zamudio, JUBA, Jasmyn, Kannie Warries Dansorkes, Dirk van der Westhuizen en nog baie meer.

Die program is stampvol vermaak vir oud en jonk. Kom kuier, klets, koop en geniet. Almal is welkom.

Dit is maklik om die skou meer as een keer te besoek. Kry gerus jou goedkoper toegangkaartjies voor of op 3 Maart. Vertel jou familie, vriende en kollegas en kom besoek die Randfontein Skou.

• Navrae: Skou-kantoor 011 412 2878 / 011 412 1562 of www.randfonteininfo.co.za of facebook.

Exit mobile version