17-jarige leerling vermis

'Minstens 10 aanmeldings per maand die afgelope agt maande' — polisie.

Polisie is op soek na Yvonne Marais, 17, wat sedert Vrydag 16 Januarie vermis word.

Yvonne is daardie dag om 3nm laas gesien by Hoërskool Riebeeckrand waar sy skoolgaan.

Familie en vriende het sedert haar verdwyning die Randfontein Gemeenkapspolisiëringsforum (GPF) se facebook-blad gebruik om mense daarvan bewus te maak en om haar te probeer opspoor.

Kaptein Appel Ernst van die Randfontein Polisie het bevestig Yvonne is as vermis aangemeld.

Volgens Ernst is die bekende Pink Ladies, ‘n niewinsgewende organisasie ook gekontak om landswyd na haar te help soek.

Kaptein Tebogo Kgomo hanteer die saak. Enigiemand met inligting kan hom by 011 278 8130 skakel.

Volgens die polisie is daar in die afgelope agt maande minstens 10 vermiste persone per maand aangemeld en in die afgelope ses maande is drie persone nog nie opgespoor nie.

Verwante artikels:

Youngster still missing after four months

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version