Drie geslagte verjaar saam

Oupa, kleindogter se man en hulle kind vier saam 84ste, 26ste en 4de verjaarsdae.

Dis nie elke dag dat oupa, sy kleinseun en sy agter kleinkind –almal op een dag verjaar nie.

Dit was die geval vir plaaslike inwoners Dannis Arlow, 84, Andries Maritz, 26 en Michaela Maritz, 4 wie al drie hul verjaarsdae saam op Saterdag 17 Januarie gevier het.

Volgens die familie is Oupa Dannis baie siek op die oomblik en het hy baie hard gebid om die dag saam met sy kleinkinders en agterkleinkinders te kan geniet.

Michaela is op Oupa se 80ste verjaarsdag gebore en vier elke jaar saam met hom en pa Andries hierdie spesiale bond.

“Ons wil net baie geluk sê aan Oupa Dannis. Dit is ‘n reuse voorreg vir hom sy kleinkinders en agter agterkleinkinders om elke jaar dit saam te vier,” het Hundra Hallatt namens die familie gesê.

Die oulike tafel by hulle partytjie.
Exit mobile version