Local newsNews

Vrou wen prys, gee dit weer terug

Skildery gewen en toe weer terug gegee vir goeie doel.

‘n Vrou wie verlede jaar ‘n skildery as prys gewen het, het besluit om dit weer terug te gee.

Die skildery geverf deur een van Randfontein se eie talente, Annie Horn was verlede jaar aan Vriendskaptuiste geskenk vir hul jaarlikse fondsinsameling.

Die wenner, Irene Kruger van Remax (Beyond 2000) sê, “Dit was ‘n groot verassing gewees toe hulle my geskakel het om die prysie op te kom tel. Ek was besig om die perfekte plekkie vir hom uit te kies toe die idée my getref het om die skildery eerder terug te gee sodat Vriendskapstuiste dit weer kon gebruik om geld in te samel,” het Irene vertel.

“Dis net ‘n plesier om in die wonderlike, warm en vriendelike gemeenskap terug te delf en waar beter as by die ou mensies. Die dorp het my met ope arms verwelkom en dis daarom dat ek nou weer wil teruggee,” het Irene gesê.

Die lootjies is nou weer te koop by die Vriendskapstuiste kantoor teen R5 elk.

Die tuiste het ook naaldwerkgoed nodig vir hul klasse wat hulle dan vir die inwoners daar aanbied. Lede vra dat mense asb ook moet uithelp met wol, materiaal, garing, breinaalde en alle ander tipe naaldwerkgoed. Die klasse is oop vir almal en sal elke Donderdag vanaf 8vm plaasvind.

Dit is ook weer tyd vir die tuiste se Bingo wat elke tweede Saterdag vanaf 2:30nm begin. Dit is oop vir die publiek en almal is hartlik welkom om saam te speel.

• Navrae: 011 412 1044.

Related Articles

Back to top button