Local newsNews

Tannie Elizabeth vier haar 84ste verjaardag

'Ek voel nog 44'

Vriendskapstuiste-inwoner bekend as Tannie Elizabeth Venter het Maandag (12 Januarie) haar 84ste verjaardag gevier.

“Ek voel nog 44 en baie goed. Dis ‘n eer en genade van bo dat ek daar was vir my kinders en hulle kon sien groot mense word,” het Tannie Elizabeth vertel.

Tannie Elizabeth wat in 1931 gebore is het twee kinders, een in Australië, die ander woon in Johannesburg. Haar familie het haar Sondag al verras met lekker eetgoed asook ‘n koek vol kerse wat almal geniet het.

Volgens haar is daar ook ‘n kleinkind in Australië en sou dit tog te lekker gewees het om die vêr familie ook te kon sien op die spesiale dag.

“Baie baie geluk aan Tannie Elizabeth van al die komittee-lede en inwoners van Vriendskapstuiste,” was die boodskap van Elbie Botha, Vriendskapstuiste se voorsitter.

Related Articles

Back to top button