Realeboha Joy Tihale in die 3-4 jaar klas pronk in haar lieflikke somer’s rokkie gedurende Melktandjies se 2014 jaar eind konsert op Saterdag. 29 November.
Melktandjies Kleuterskool het die jaar onlangs met ‘n oulike konsert afgesluit.
“Lets Rock the Summer” was die tema.
“Ons het probeer almal by die konsert te betrek en het selfs die klein maatjies vanaf twee jaar oud kans gegee om hulle lyfies op die verhoog te skud,” het Karin Korf, hoof van die kleuterskool gesê.
Die opvoering was glo feestelik en almal wat daar was in ‘n gesellige bui. Trotse mamma’s en pappa’s het hard hande geklap en gejuig toe hul kleuters op die verhoog verskyn, sommige van hulle op hul senuwees.
“Ek glo almal het dit baie geniet en ek voel die opvoering was ‘n reuse sukses. Ons sien uit na 2015.” het ‘n onnie Liezel van Niekerk bygevoeg.
Abigail Meerkotter (4-5 jaar klas) posseer vir ‘n foto tydens Melktandjies se opvoering op Saterdag, 29 November.
Melktandjies Kleuterskool het Saterdag, 29 November hul jaar afgesluit met ‘n “Lets Rock the Summer” opvoering. Hier is die 3-4 jaar klas wat spog in hulle mooi verhoog klere.
Hier is die 4-5 jaar klas van links agter: Tiaan van Heerden, Jozelene Portela , Abigail Meerkotter, Juanita Maritz en juf. Jenny Blignaut, tweede ry: Danelle le Roux, Zaine van der Vyver Batt en Mohua Shongwe, derde ry: Jaydee Engelbrecht, Reatlegile Rea Motlhanabe, Langanani Lala Negonfeni, Lesedi Mokele en heel voor: Clerisse Allers.