Local newsNews

Diabetes meer en meer gediagnoseer by kinders

Hier is die simptome waarvoor jy moet uitkyk.

Volgens Diabetes Suid Afrika besef min mense dat die kondisie nie meer net gepaard gaan met ouer of oorgewig mense nie. Kinders so jonk as 5-jaar word nou meer en meer gediagnoseer.

Diabetes SA se webwerf blad verduidlik dat gewoontlik wanneer kinders of tieners (onder 30 jaar) die kondisie ontwikkel is dit die Tipe 1 diabetes. Dit is wanneer die liggaam se umiene sisteem die pankreas selle vernietig. Die selle reguleer die bloed se suiker vlakke. Dit maak die kinders dan elke dag afhanklik van insulien inspuitings of pompie om die vlakke in toom te hou.

Tipe 2 Diabetis kom meer in ouer mense voor. Dit begin as die liggaam ‘n weerstand teen insulien ontwikkel en dit dan nie doeltreffend kan gebruik nie. Die kondisie kan beheer word met gereelde oefening, ‘n gesonde gebalinseerde diet en in sommige gevalle medikasie soos Metformin of insulien terapie. Die derde tipe is ‘n tydelikke kondisie wat verwagtende mammas kan kry wat dan die risiko vir diabetes in die toekoms vir albei vergroot.

Tekens waarvoor mens moet uitkyk vir tipe 1 en 2 diabetes in kinders en volwasse mense is dan ‘n toename in die aantal kere wat daar geürineer moet word. Daar sal ook ‘n geweldige dors wees wat diabete beskryf as onlesbaar. Verdere tekens wat kan manifesteer is gewigsverlies, tamheid of konstante moegheid en verswakte sig.

Simptome vir tipe 1 diabetes kan vinniger ontwikkel terwyl tipe 2 langer vat. Ouers moet hulle kinders na ‘n dokter toe vat as enige een van die bogenoemde simptome ervaar word. Daar is te veel gevalle waar die simptome onder die mat gevee word tot dit te laat is en sonder behandeling kan diabetes fitaal wees.

Die kondisie is beheerbaar, en met die regte behandeling kan kinders en grootmense vol en besige lewens handthaaf. Nuwe tegnologie en navorsing maak dit ook nou makliker as ooit en moet dit nie as ‘n dood straf gesien word nie.

Bronne: www.diabetessa.co.za

Related Articles

Back to top button