NewsSchools

Rierand-onnies sluit jaar af met spanbousessie

Riebeeckrand se personeel het die jaar met ‘n prêt spanbousessie op Woensdag 26 November afgesluit.

Personeel van Hoërskool Riebeeckrand (Rierand) het Woensdag 26 November die jaar met ‘n prettige spanbousessie afgesluit.

Woordvoerder van die skool Rickus Kruger vertel, “Die doel van die uitstappie na Camp Discovery in Noord Gauteng was om eenheid onder die personeel te skep.

“Ons het die jaar met ‘n lekker spanbousessie afgesluit en sommer van die geleentheid gebruik gemaak om Kersgeskenke onder mekaar uit te deel,” het Rickus gesê.

Volgens die onderwysers het hulle die spanbou-aktiwiteite geniet. Daarna het die personeel ‘n spesiale ete saam geniet.

Skoolhoof Annelize van den Berg het ook haar personeel bedank vir hulle harde werk en adjunkhoof Piet van der Merwe gegroet aangesien hy aftree.

“Volgende jaar beloof om ‘n baie goeie jaar vir ons te wees en ons bedank die gemeenskap vir al hul ondersteuning gedurende 2014,” het Annelize gesê.

Onnies Tyrone Dempsey en Lindie Hayman wys die ander onderwysers hoe dit gedoen word.
Onnies Tyrone Dempsey en Lindie Hayman wys die ander onderwysers hoe dit gedoen word.

Related Articles

Back to top button